Kuier Kers – Vellies & Vlamme Plaas Kers
Price range: R92.00 through R270.00
Dis nie net ‘n geur nie, dis ’n herinnering aan kleilat en kinders agter op die bakkie. Dis ’n kolevuurtjie wat jou nat vellies droog braai, wat jou laat voel soos iemand wat weet hoe om ’n trekker te reverse. Dis lekker geelvet biltong opkerf, ’n getroue hondekind wat sy kop op jou skoot kom neerlê, en die sonsak se oranje gloed oor die mielielande.
Description
Bergamot & Lemoen Geur
Groottes:
Klein | 345g
Medium | 900g
Groot | 1465g
Bestanddele: Tallow, Byewas, Geursel.
Moenie hierdie kers sonder toesig brand nie. Hou hom weg van kinders, troeteldiere, los vlamme en jou skoonma se kantgordyne. Sit hom op ’n stewige oppervlak wat brandbestand is, maak seker jou braaibroodjies brand nie saam nie, en moenie aan die gesmelte was karring soos ’n nuuskierige dassie nie.
Additional information
| Weight | N/A |
|---|---|
| Size | Small, Medium, Large |





Reviews
There are no reviews yet.